Oorgee

Oorgee

Oorgee is AlbertonLewenSentum se Graad 7 bediening waar elke graad 7 leerder God kan ontmoet op sy eie vlak. By Oorgee is ons hoof doel om die leerders geestelik sterk te maak vir die Hoërskool met al die Uitdagings wat daarmeer saamgaan. By Oorgee is ons doel om die leerders te help om n Verhouding met Jesus te bou wat ons glo is die beste fundament wat n graad 7 vroeg in sy lewe kan ontwikkel. Al ons preke en lesse word uitgewerk deur die 7 Ritmes van ons gemeente. Oorgee is op Vrydae om 18:00- 20:00 (Leerders moet 20:00 uur Huis toe a.g.v. die Hoërskool leerders wat dan hier is) Oorgee is ook op sondae om 8:15 en 10:15(Selfde as ons kerk dienste) Ons as Oorgee Leiers het n vers wat ons navolg en dit is Spreuke 3 vers 5-6 : Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou op die regte pad laat loop. Ons glo as ons God leer ken in alles wat ons doen sal God ons op die regte pad bring wat Hy vir ons bestem. Ons gebed en droom is dat elke graad 7 leerder die vers in die Bybel uitleef.
Teenagers-630x315

Ouer inligting


Ons Oorgee bediening by Alberton lewensentrum is sleg vir graad 7 leerders om hulle Geestlik op te voed op hulle eie unieke vlak vir die Hoërskool wat baie uitdaagings en Keuses bring. Die Bediening help u kind om God te leer ken op sy eie vlak waar hy waardes van lewe uit Jesus se voorbeeld uit leer.

Die dienste is soos volg : Vrydae 18:00 - 20:00
Sondae 8:15 & 10:15
Let asseblief op die volgende reeling :
Ons dienste op Vrydae word baie fyn beplan omrede die Hoêrskool kinders ook op Vrydae by die kerk Trefpunt het, Die graad 7 leerders ontmoet by die kerk op Vrydae waar die hek wag vir hulle die in die terein laat beweeg, Die hek wag maak die hek toe sodat niemand die kerk terien verlaat nie , die leerders verlaat net die kerk teriein as die ouer hulle kinders kom haal.
Oorgee begin 18:00 waar almal na die lokaal 6 van die kerk toe beweeg vna die kerk waar die diens dan verloop to 19:00, Die tye is spesifiek soo gekies omrede die Hoërskool kinders 19:00 na die Trefpunt lokaal toe beweeg, so die Hoërskool kinders en die Laerskool kinders word helemal gesky, Ons vra dat U asseblief U kind voor 20:00 sal kom haal by die kerk omrede Trefpunt 20:00 klaarmaak en uitbeweeg, dan Vermy ons dat die graad 7 leerders weg van die Hoërskool leerders af is.
Daar is ook n snoepie in die kerk terein waar die kinders toegang het om kos, lekkers en koeldrank te koop. Daar is ook heelwat aktiwiteite vir U kind om Hom/Haarself te geniet soos: x box, Tafel tennis, Pool tafel ens.

Op sondae is die dienste in Lokaal 8 en die dit verloop die selfde tyd as die kerk se dienste.

Greyling Viloen (Alberton)

Greyling
Greyling Viloen - Oorgee
12-15 jaar
011 867 7244
oorgee@als.org.za

Naam & van

Kontaknommer

E-posadres

Onderwerp

Jou boodskap