Kinders en Jeug

Die volgende generasie van totaal toegewyde Geesvervulde volgelinge van Jesus Christus.

Gons (Kinderkerk)

Sondae 8:15 / 10:15

GONS is LewenSentrum se Kinderkerkbediening. Ons visie by Gons is om
kinders te help om hulle GELOOF in Jesus Christus te plaas, hulle te leer WIE God is en HOE Hy wil hê hulle moet lewe. Ons bereik ons visie deur lesse, aktiwiteite en ritme-oefeninge wat onvergeetlik en doelbewus so geskep is dat dit kinders in ‘n lewendige verhouding met Jesus Christus kan laat staan en groei.

Meer Inligting

Oorgee (Gr. 7’s)

Vrydae 18:00 en Sondae 8:15 / 10:15

Oorgee is AlbertonLewenSentum se Graad 7 bediening waar elke graad 7 leerder God kan ontmoet op sy eie vlak. Aan die einde van die jaar skakel hulle by Trefpunt in en word deel van die Trefpunttienderbediening.

Meer Inligting

Trefpunt (Hoërskool)

Vrydae 19:00 en Sondae 8:15 / 10:15

Trefpunt is die hoërskoolbediening van LewenSentrum. Trefpunt se lese is -Dit los ‘n merk. Die merk is God se liefde in ‘n mens se hart.

Meer Inligting

Netwerk (19-29 jariges)

Netwerk is die werkende-jeugbediening van LewenSentrum. Die hartklop van die bediening is vriendskap.

Die manier waarop ons die vriendskappe bou is eenvouding.

1- Kleingroepe. 2- Dienste. 3- Spesiale geleenthede (kunstenaars, socials, ens).

Meer Inligting