Bedienings- en Belangegroepe

God gebruik ons gawes en talente om Sy Koninkryk op te bou. Ontmoet nuwe mense en bou lewenslange vriendskappe terwyl jy ontspan.

GELDTEL

Hierdie bediening help om die offerhande te tel en is ‘n geskikte bediening vir daardie persoon wat gemaklik is met die noukeurigheid en diskressie wat gepaard gaan met die finansies binne die gemeente.  Vir meer inligting kontak Alwyn by finansies@als.org.za

INLIGTINGSTOONBANK

Hou jy daarvan om mense te bedien en van inligting rondom kerkgebeure te voorsien? Die diensbeurte geskied volgens ‘n diensrooster en begin 45 minute voor die erediens waarby jy betrokke is. Vir meer inligting kontak Rina rina@als.org.za

NAWEEKBULLETIN

Help met die reproduksie en vou van die weeklikse naweekbulletins, asook preeknotas. Beurte geskied volgens ‘n diensrooster. Vir meer inligting kontak Ina ina@als.org.za

Aanbidding

Wil jy in ritme jou bediening uitleef? Hier’s jou kans!

Die aanbiddingspan is ‘n groep mense wat met hul gawes en talente die lofprysing in ons Sondagdienste en spesiale geleenthede lei. As jy ‘n instrument kan bespeel, of kan sing, is hierdie die plek waar jy ‘n groot verskil kan maak. Inskakeling is onderhewig aan ‘n oudisie en oefeninge op Donderdagaande vanaf 18:30. Vir meer inligting kontak Sanet by sanet@als.org.za

Dekor

Dekor vorm ‘n baie belangrike aspek van elke diens in terme van hoe die verhoog visueel vertoon, asook kreatiewe denke wat ingesit word vir spesiale geleenthede. Vir meer inligting kontak Sanet by sanet@als.org.za

Tegniese Dienste

As klankingenieur behels jou verantwoordelikhede die behartiging van die tegniese aspekte rakende die dienste, o.a. die klankvermenging van die orkes, redigering van preke, en om in samewerking met die multimediaspan te werk.

Die multimediaspan bestaan uit “live streaming”, beligting, kamera-bemanning en mediaskerm-operateurs, waarvan almal rekenaarvaardigheid. Kreatiewe denke word vereis. In diepte opleiding word gegee.

Verhoogbestuurders moet oor bestuursvaardighede beskik en is gedurende die diens in kontak met die klankingenieur en multimediaspan om die diens seepglad te laat verloop. Vir meer inligting kontak Sanet by sanet@als.org.za

Koffie en Tee

Help dat almal na ‘n diens lekker kan kuier met ‘n koppie tee, koffie, of ‘n ietsie kouds.  Vir meer inligting kontak Ina ina@als.org.za

Kollekte- en Nagmaalspanne

Behulpsaam met die opneem van tiendes en offergawes, asook die regkry van en bediening van die brood en druiwesap met Nagmaal. Diensbeurte volgens rooster.

Vir meer inligting kontak Bertie bertie@als.org.za

Verwelkomers

Ontvang besoekers by die eredienste. Dui die gemeente se temperatuur van liefde en vriendelikheid aan.

Vir meer inligting kontak Bertie bertie@als.org.za

Emmanuel (Senior Burgers)

Die Emmanuels is ‘n interkerklike sosiale kuieraksie vir seniors bo vyftigjarige ouderdom. Vir meer inligting kontak Herman herman@als.org.za 

Enkellopendes

Is jy bo 30 en enkellopend? Die sosiale groep vir enkellopendes bewerkstellig gesonde interaksie tussen mense wat met dieselfde uitdagings worstel.

Vir meer inligting kontak Willie willie@als.org.za

Gholf-Aksie

Geniet jy nog ‘n gesonde rondte gholf? Enigeen is welkom om saam met ons op verskillende bane die stokke te kom swaai.

Vir meer inligting kontak Gerhard gerhard@als.org.za

Kampeer-Aksie

Wat van ‘n naweek wegbreek met mense soos jy? Kampeer en ontspan met ander families by ‘n verskeidenheid van kampeerplekke nie te ver van hier af nie.

Vir meer inligting kontak Willie – willie@als.org.za

Lewensentrum Atletiekklub

Geaffilieer met ASA. Kom beleef beplande oefeninge, spontane ondersteuning en goeie geselskap, terwyl jy werk aan ‘n gesonde liggaam en gees. Padwedlopers en stappers.

Vir meer inligting kontak Ettienne ettienne@als.org.za  

Motorfiets-Aksie

Wat is lekkerder as die wind wat aan jou klere pluk op pad na ‘n plek/instansie, met ‘n heerlike ontbyt daarna.

Vir meer inligting kontak Willie willie@als.org.za

Fokus – Fotografie

Om werklik ‘n mooi foto te neem en om te weet hoe om dit keer na keer te doen, is wat ons almal wat ‘n passie vir fotografie het, graag wil doen.

Vir meer inligting kontak Elize elize@als.org.za

Voetslaan – Aksie

Medegelowiges wat saam ‘n verskeidenheid van staproetes met verskillende afstande en moeilikheidsgraad aandurf. Kos vir siel en liggaam!

Vir meer inligting kontak Willie willie@als.org.za